Hiermee nooi Hoërskool Randburg alle ouers hartlik uit na ons ouerinligtingsaand, wat op 23 Februarie 2026 om 18:30 in die Atrium plaasvind. Hierdie aand gee ons die geleentheid om belangrike inligting te deel, vrae te beantwoord en saam te gesels oor hoe Hoërskool Randburg 'n plek kan wees waar elke leerder werklik tuis kan voel. Ouers word vriendelik versoek om hul teenwoordigheid voor of op 16 februarie 2026 te bevestig deur die volgende skakel te gebruik: https://bit.ly/InligFeb2026
Ons sien daarna uit om u daar te verwelkom en saam te bou aan u kind se toekoms by Hoërskool Randburg.