Hoërskool Randburg - Johannesburg, Suid-Afrika

 
  • Vergroot font
  • Verstek font grootte
  • Verklein font

Drama

E-pos Afdruk

ALL THE WORLD IS A STAGE!

There was never yet an uninteresting life.  Such a thing is an impossibility.  Inside of the dullest exterior there is a drama, a comedy, and a tragedy.  Mark Twain

 

Hier by Hoërskool Randburg is daar glad nie 'n tekort aan drama nie, ook nie aan nuwe en opwindende uitdagings ten opsigte van die lewe as komedie, tragedie of ware drama nie.

 

Benewens die feit dat ons tweejaarliks 'n produksie aanbied, 'n kriewelfees het en aan die Eisteddfod deelneem, het ons ook 'n paar bekwame buitemuurse onderwysers wat die vak as 'n buitemuurse vaardigheid aanbied:

 

Nicci Serfontein is 'n ou bekende en bekwame hand in die dramawêreld en in Randburg.  Ons het die voorreg om haar hier in ons sentrum te hê.  Sy bied groepklasse aan en die leerders wat aan haar eindjaarproduksies deelneem, kies gewoonlik drama as een van hul keuse-vakke.  Nicci se groepwerk het al menige pryse ontvang by nasionale en plaaslike Eisteddfods en sy is die CEO van Liplab Studios, wat veral op die ontwikkeling, opvoeding en blootstellig van drama aan die gemeenskap, fokus.  Indien jy graag meer wil weet van haar klasse, kan jy  haar gerus by 082 788 2687 skakel.  Nicci is lid van RAB (Raad vir Beoordelaars).

 

Marintha Labuschagne Dramaskool het ook al hier by ons skool diep spore getrap.  Marintha fokus meer op individuele leerders.  Sy is 'n vrou met baie ysters in die vuur … sy is werksaam by die National Eisteddfod Academy, staan soms in as aflos drama-onderwyser by verskeie hoërskole, en beoordeel en eksamineer regoor Gauteng.  Sy het onlangs ook by die RAB aangesluit en is verder nog betrokke in die bedryf waar sy produksies bestuur, soms as mede-regisseur optree en selfs haar lyf agent hou vir sommige produksies waar bekende persone speel.  Marintha is betrokke by GZ Produksies wat onder andere die bekende 6 snare bestuur.  By NEA het sy in 2010 nege itemwenners en vyf kategoriewenners opgelewer, om maar 'n paar op te noem.  Sy kan by 082 872 6133 geskakel word.

 

Maryna Oosthuisen is 'n nuwe toevoeging tot ons dramaspan.  Sy het verlede jaar gekwalifiseer as 'n “Assosiate Teacher” by die internasionale kunste instituut Trinity.  Sy noem haar dramaskool “Imagination” en dit is ook waarop sy fokus.  Vir haar is die spel van drama en die spel van die lewe amper dieselfde saak.  Deur spel leer sy die leerders sosiale vaardighede aan wat waardevol is vir hul ontwikkeling.  Haar fokusarea is laerskool kinders in groepverband. Sy gee in haar klasse ook aandag aan die spraak en fisiese ontwikkeling van die leerder.  Sy kan by 083 417 2449 geskakel word.

 

Swannie is die drama onderwyser by Hoërskool Randburg.  Sy maatskappy se naam is Petrus Produksies en hy fokus op die kuns van storievertel en fokus veral op individuele lesse.  Hy is 'n bekende in kinderteater en is een van die land se bekendste poppemeesters wat al saam met verskeie bekende regisseurs en akteurs gewerk het.  Swannie is ook 'n stemkunstenaar en is tans besig met sy PHD in Teologie waarin hy die gesproke woord en die visuele woord kombineer.  Hy is in beheer van die dramaskool by Hoërskool Randburg en kan by 072 187 0259 geskakel word.

 

The real object of the drama is the exhibition of the human character.

Thomas Babington Macaulay

 

 

 

Advertensie

JoburgNorth.co.za

Hoërskool Randburg is on JoburgNorth.co.za - view them now!

  • Free Classified Ads
  • Forum Discussions
  • Business Directory
  • Online Radio


bottom.jpg