Verskeie Randjies neem jaarliks aan die Eisteddfod deel en verower ongelooflike pryse omdat daar fantastiese talent onder ons kinders is.
Die NEA, of die National Eisteddfod Academy, is 'n privaatorganisasie wat hierdie kompetisie reël en hulle maak jaarliks van die skool se fasiliteite gebruik om 'n deel van die kompetisie wat gewoonlik in die derde kwartaal plaasvind, te loods.
In Maart word die beste presteerders weer genooi om teen die bestes deel te neem. Die wenners by hierdie uitdunne woon 'n luisterryke toekenningsaand by waar hulle die geleentheid kry om saam met die room van Gauteng se talentvolles op te tree.
Hoërskool Randburg is baie dankbaar vir die geleentheid om aan hierdie gesogte kompetisie deel te neem.
Van ons leerders neem ook aan die Johannesburgse Eisteddfod deel en presteer puik.
2011 Presteerders
Beste Eisteddfod Prestasies:
Reze-Tiana Wessels
4 Diplomas, 15 Goud, 3 Silwer
1 Kategoriewenner
Wenner: Dans (Junior Afdeling)
Nommer 1 op Top 10
Ander uitblinkers:Janine Janse van Rensburg
7 Diplomas, 1 A+
2 Itemwenner
2 Kategoriewenner
Ambassador Award (98%+)
Elna van Heerden8 Diplomas, 1 Goud
2 Itemwenner
2 Kategoriewenner
Alex du Plessis
8 Diplomas, 5 A+, 1 Silwer
1 Itemwenner
1 Kategoriewenner
Armandt van Zyl
1 Kategoriewenner



