Hoërskool Randburg - Johannesburg, Suid-Afrika

 
  • Vergroot font
  • Verstek font grootte
  • Verklein font
Tuisblad Kultuur Koe-Randjie

Koe-Randjie

E-pos Afdruk

Vat al jou idees van 'n ou skoolkoerant en gooi hulle by die venster uit!  Maak plek vir die nuwe Koe'Randjie met 'n splinternuwe, bekwame redaksie en 'n "funky rock attitude"!

Hierdie Koe'Randjie is stadig maar seker besig om die leer van sukses trappie vir trappie te klim.  Ons eerste uitgawe wat in Desember 2008 gepubliseer is, het groot opslae veroorsaak.  Dit het almal aan die praat gekry en die aktuele sake wat op elke tiener se lippe in Hoërskool Randburg rondwoel, is aangeraak.  Die gevolg hiervan is dat ons eerste Koe'Randjie die toets met lof geslaag het.

Die Koe'Randjie-span het groot drome, maar niks wat die moeite werd is, is maklik nie!  As julle miskien gedink het ons is so "laid-back" soos rockers, dink weer!  Dié span sit die "w" in werk.  Ons vergader elke Donderdag, eenmaal per week en dan werk ons dat die stof so staan.

Ons nuwe Koe'Randjie gaan nog vir groot opwinding sorg.  Ons is soekers na kennis en stories.  Ons maak seker dat nie een klip onomgekeerd bly nie.  Ons is die kunstenaars van woorde in die media-bedryf.

Ons is ... die Koe'Randjie en ons is enig in ons soort! 

Laai die nuutste Koe-Randjie hier af

 

 

Advertensie

JoburgNorth.co.za

Hoërskool Randburg is on JoburgNorth.co.za - view them now!

  • Free Classified Ads
  • Forum Discussions
  • Business Directory
  • Online Radio


bottom.jpg