Koe-Randjie

Die Koe-Randjie word jaarliks sedert 2008 gepubliseer en is steeds baie gewild onder sy lesers – die leerders van Hoërskool Randburg.

Lees gerus oor die skool se tradisies, raad uit die "swembadjie", wat die matrieks besig hou en al ons kultuurhoogtepunte!  In elke weergawe is daar ook 'n inspirerende boodskap van mnr. Booysen aan die matrieks.

Die koerant word deur adverteerders en uit die skool se begroting befonds.  Die glansblad word goed deur besighede, wat die skool se belange op die hart dra, ondersteun. Baie dankie aan die redaksiespan se harde werk elke jaar, asook die getroue ondersteuning van al ons adverteerders.