Hoërskool Randburg - Johannesburg, Suid-Afrika

 
  • Vergroot font
  • Verstek font grootte
  • Verklein font
Tuisblad Sport Rugby

Rugby

E-pos Afdruk

 

Hoërskool Randburg het jaarliks agt tot tien rugbyspanne wat goed presteer in die Goue Leeus Liga en die Super 6-reeks. Daar word ook in die Coke-reeks met besondere welslae teen groot skole gekompeteer.

Rugby is vir Hoërskool Randburg en sy mense 'n passie. Anders as ander skole se ondersteuners (ouers en kinders) word ons gedrag as onberispelik beskou. Ons is trots op ons ondersteuners.

In 'n poging om ons spelers die meeste blootstelling moontlik te gee word toere jaarliks tydens die April-vakansie gereël. Die toere is nie net tot die binneland beperk nie, maar ook internasionale toere na o.a. Nieu-Seeland en Argentini ë is al onderneem. Die Eerstespan neem tydens April 2008 deel aan die Vodacom-Maties toernooi in Stellen-bosch. Die junior spanne neem onder-skeidelik deel aan die Mauritz Hansen week in Naboomspruit en die Linden onder 16 rugbyfees.

2009 was 'n goeie jaar vir die onder 14- en onder 15-spanne.  Die onder 14-span speel in die finaal van die Goue Leeus en dring deur na die Beeld trofeë waar hulle in die kwart eindrondte uitgeskakel word. 

Die onder 15-span word die Goue Leeu-wenners en speel tot in die halfeindstryd van die Beeld trofee, waar hulle uitgeskakel is.

In 2010 speel al vier die rugbyspanne in die Goue Leeus-finaal.

 
 

Advertensie

JoburgNorth.co.za

Hoërskool Randburg is on JoburgNorth.co.za - view them now!

  • Free Classified Ads
  • Forum Discussions
  • Business Directory
  • Online Radio


bottom.jpg