Kriewelfees

Hierdie fees is 'n jaarlikse instelling wat in die Derde Kwartaal plaasvind.

Dit is 'n fees waarin elke Randjie Kunstenaar, van visuele kuns tot uitvoerende kunste, 'n geleentheid gegun word om hulle talente ten toon te stel.  (Onder andere:  Kunsuitstalling, Inry en/of filmaand, Steraand, Poësie-aand, Leerder- en Meesterkonsert, "Praise and Worship" aand en 'n Graad 12 Spog Dramakonsert.)

Almal kry die geleentheid om 'n ster te wees - maar ook om deur hierdie week 'n ster te sien, aangesien verskeie bekendes in die musiek-, toneel- en filmbedryf die skool besoek.