Jaarliks vind daar, gedurende die Junie/Julie-skoolvakansie, 'n gholftoer na die Natalse Suidkus toe. Die doel van die toer is om leerders die geleentheid te gee om op van die mooiste bane in Natal te speel, die windtoestande te trotseer en net lekker gholf te speel. Gedurende die week kompeteer die gholfers teen tien ander skole van reg oor die land. Hoërskool Randburg het die week al vyf keer gewen.
Een keer 'n jaar kry ons gholfspelers ook geleentheid om by Sun City of Lost City te speel. Hierdie is slegs 'n sosiale geleentheid, waar 16 spelers op die beste baan in Suid-Afrika kan speel.
Op uitnodiging neem van ons spelers ook aan die Wesrand-Gholfliga deel. Die geleentheid vind in Augustus plaas, waarna 'n span gekies word om Wesrand op Provinsiale vlak te verteenwoordig.




