Gholf

Dit is nou al reeds tradisie by Hoërskool Randburg dat ons elke jaar in die Junie-/Julie-skoolvakansie ‘n gholftoer onderneem.  In 2014 het ons ‘n toer nader aan die huis onderneem. Ons het op ‘n sportplaas naby Brits gebly en op die Gary Player Buiteklub, Pecanwood, Mooinooi en Magalies Park gespeel. Die vorige drie jare het ons aan ‘n skoletoernooi aan die Natalse Suidkus deelgeneem waar die gholfspelers die geleentheid gekry het om op die mooiste bane in Kwazulu-Natal te speel en die windtoestande, waaraan ons nie gewoond is in Gauteng nie, te trotseer.

Die spelers het ook ‘n geleentheid om aan die Wes-Randse Skoleliga deel te neem. Die liga  vind plaas te Ruimsig en die formaat van die liga is “better ball stableford.”

Beter spelers word genooi om aan die Wes-Rand gholfproewe deel te neem en kan in die Wes-Rand-span opgeneem word wat aan Interprovinsiale toernooie deelneem.

Gholfspelers kry ook die geleentheid om tydens die skool se jaarlikse gholfdag deel te neem waar die beste speler met ‘n wisseltrofee beloon word.