Skyfskiet

Hoërskool Randburg spog met 'n splinternuwe Skyfskietklub en ons eie skietbaan op ons eie gronde.  Ons bied afrigting (onder die riglyne van die SANSSU "South African National School Shooters Union") in twee dissiplines, luggeweer- en lugpistoolskyfskiet aan.

Koste

Klubgelde beloop R100 per maand vir tien maande, en word aan die begin van die jaar hersien.

GSSU/SANSSU affiliasiekoste van R650 word eenmalig jaarliks betaal.  Dié koste dek alle liga-inskrywings.

Die klub het drie ontwikkelingsgewere en twee onwikkelingspistole van GATRA "Gauteng Air Target Rifle Assosiation" ontvang wat onderskeidelik aan die beste drie beginnergeweerskuts en twee beginnerpistoolskuts verhuur kan word.  Die koste is slegs die GATRA-affiliasiekoste van R660 per jaar.

Vir meer inligting skakel gerus vir Lourens du Plessis (gewere) by 078 803 5519 of Jo-Ann van der Westhuizen (pistole) by 083 604 100 of stuur 'n epos aan Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.