Matriekafskeid

Hoërskool Randburg se Matriekafskeid is sonder twyfel die sosiale hoogtepunt van die jaar.  Dit is 'n geleentheid waar ons leerders wys dat hulle ontwikkel het van groen graad aggies tot stylvolle jong volwassenes.

Tradisioneel word hierdie funksie gerëel deur 'n gekose komitee uit die graad 12-leerders se ouers.  Die leerders word weggevoer deur hul ouers se kreatiwiteit.

Dit is 'n spesiale aand wat ouers, onderwysers en natuurlik die matrieks, baie na uitsien en vir jare daarna onthou.