'N SKOOLBAADJIE IS OP DINSDAE VERPLIGTEND AANGESIEN DINSDAE 'N FORMELE DAG
BY HOËRSKOOL RANDBURG IS
Formele drag
Seuns
- Langmouhemp netjies ingesteek, met ‘n skooldas
- Netjiese swart toerygskoolskoene
- Grys skoollangbroek
- Grys skoolkouse
- Grys/swart gordel
- Skoolbaadjie (skooltrui opsioneel)
Meisies
- Blou skoolromp of donkerblou skoollangbroek
- Langmouhemp met skooldas
- Vlootblou sykouse (‘tights’)
- Netjiese swart skoene, skooltrui en skoolbaadjie
- Skoolbaadjie (skooltrui opsioneel)
Informele drag
Seuns:
- Blou kortmouhemp, netjies ingesteek
- Netjiese swart toerygskoolskoene
- Grys skool lang/kortbroek
- Grys skoolkouse Grys/swart gordel
Meisies:
- Blou skoolromp
- Blou skoolhemp
- Blou skoolsokkies met swart skoolskoene
SPORTDRAG
Atletiek en Landloop:
- Amptelike atletiekdrag. Nie Randjiebroek nie.
- Randjie-kouse en sweetpakbroek in uitsonderlike gevalle.
Krieket:
- Wit spandrag en pet.
Netbal:
- Eerste span: Rok met koningsblou in en wit kouse.
- Tweede span: Rooi kouse.
- Ander: Amptelike rok/romp met wit kouse. Juniors se drag is standaard en wissel nie elke jaar nie.
Hokkie (Dogters):
- Eerste span: Rok met koningsblou en rugbykouse.
- Tweede span: Rooi kouse.
- Ander: Amptelike rok/romp/hemp met rugbykouse.
Hokkie (Seuns):
- Jnr. Seuns: Ondersteunershemp en Randjiebroek met rugbykouse.
- Snr. Seuns: Amptelike hemp en hokkiebroek met rugbykouse.
Tennis:
- Dogters: sportromp met wit moulose hempie met skoolwapen en wit kouse.
- Seuns: Wit hemp met mou (skoolkleure op kraag en mou), Randjiebroek en wit kouse.
Swem:
- Donkerblou swemkostuums en rooi swempette.
Skaak:
- Skooldrag met baadjie en das.
Tafeltennis:
- Ondersteunersdrag en Randjiebroek.
Rugby:
- Eerste span: Trui met koningsblou en koningsblou rugbykouse
- Tweede span: Rooi kouse
- Ander: Eenvormige skool-rugbytrui met borg se naam indien van toepassing. Rugbykouse: Donkerblou met geel strepe
Kleredrag na afloop van wedstryde:
- Net soos voor deelname.