In 2015 loods die ATKV vir die eerste keer dié spog interskole- en nasionale kompetisie.Wat behels dit?
'n Span leerders wat uit twintig lede bestaan, óf net seuns, net dogters óf gemeng. Die verkose leerders, met behulp van hulle afrigters, moet dan 'n program van ongeveer 16 minute saamstel. Die oorgrote meerderheid van werk moet in Afrikaans wees, met een voorgeskrewe werk uit die nuutste FAK-sangbundel. Daar word ook vereis dat ten minste twee ander tale in die program ingewerk word.
Anders as by universiteite, mag daar geen dialoog in die program wees nie, dus word alles wat op die verhoog gehoor word met die menslike stem geskep. Liedjies moet inmekaarvloei, geen melodiese instrumente mag gebruik word nie en die span het vrye teuels om met beweging, dekor en kostuums te eksperimenteer.
Verskeie pryse word tydens die spoggeleentheid uitgedeel, onder andere Mees Oorspronlike Tema en Beste Verwerking van 'n lied. Daar is ook jaarliks prysgeld vir die wenspan op die spel.
Virtuoso (die naam van die Randjie-groep) wat verwys na musikante met uitsonderlike vaardighede, is voorwaar ambassadeurs vir dié diverse, talentvolle kulturele kompetisie.