CSV

 

 

Psalm 119:9

"Waarmee sal die jongeling sy pad suiwer hou?

Deur dit te hou na U Woord."


Hoërskool Randburg CSV skakel in saam met ons plaaslike kerke se jeugbediengs om gee vir die leerders 'n geleentheid om as 'n gemeenskap nader aan Jesus te groei, Sy liefde te ervaar en mekaar se laste te deel.  

Dit is 'n tyd van lekker saamsing, waar kort en kragtige boodskappe gedeel word.  Leerders is welkom om relevante vrae oor kwessies wat hulle pla of hulle laat wonder te vra.  Hulle hoef nie aan enige spesifieke kerk te behoort om hiervan deel te wees nie.  Ons kom ook twee maal per jaar bymekaar vir 'n aand van praise and worship.

Word deel van die CSV - elke Woensdag tydens tweede pouse in L3.

'n Paar sleutelverse vir die moeilike tye:

PSALM 27:1

Die Here is my lig en my redding.  Vir wie moet ek dan vrees?  Die Here is my lewenstoevlug.  Vir wie sal ek dan bang wees?

 

DEUTERONOMIUM 31:8

Moenie bang of mismoedig wees nie, want die Here is die Een wat voor jou uitgaan.  Hy sal by jou wees.  Hy sal jou nie in die steek laat nie en jou nie verlaat nie.

 

KLAAGLIEDERE 3:22-23

Deur die Here se troue liefde is ons nie doodgemaak nie.  Hy hou nooit op om vir ons om te gee nie.  Sy genade het geen einde nie.  Op U ontferming kan 'n mens altyd vertrou.  Dit is elke oggend nuut.

 

PSALM 55:23

Gee jou kommer oor aan die Here.  Hy sal sorg.  Hy sal gelowiges nie teleurstel nie.