Randjie-Netbal
Netbal Skool van die jaar in JHB Noord.
By Randburg-netbal fokus ons op die volgende vyf punte en ons beywer ons daarmee om in al hierdie aspekte ontwikkeling en groei te bevorder:
My God
My Gemeenskap
My Skool
My Span
Myself
Fasiliteite
Die skool beskik oor agt weervaste netbalbane wat in 2020 nuut oorgedoen is met ‘n hoofbaan wat onderdak is en van spreiligte voorsien is.
Ons beskik ook oor ‘n netbalklubhuis.
Kondisionering - spesifieke afrigter wat 'n doelkundige is en betrokke by die kondisionering en rehabilitasie van spelers.
Geleenthede wat ons bied:
Voorseisoen:
Alle Spelers (A-, B- en C- spanne) gaan op ‘n netbalkamp waar daar aan hulle vaardighede en spangees gebou word.
Neem aan NWU PUK-reeks deel teen Hoërskool Bastion, Hoërskool Brits, Alberton, Dr Malan, Driehoek, Overkruin, Hartbeespoort, Linden, Secunda, Wonderboom en Hoërskool Standerton.
April:
'n Toernooi vir alle spanne wat oor vier dae strek gedurende die April vakansie.
Vanaf April tot einde Junie:
Speel in Jomo Liga. Hier kom ons teen Hoërskool Monument, Hoërskool Noordheuwel, Helpmekaar Kollege, Hoërskool Linden, Rand Park High School, Trinity en Hoërskool Florida te staan.
.
Augustus:
"Fast 5". Die hele Johannesburg-streek neem deel en provinsiale wedstryde vind teen die Pretoria-streek plaas.
September tot November:
Afseisoenprogram waar vaardigheidsontwikkeling voorkeur geniet.
Eerstespan-toernooi by Cornwall Hill College.