Tafeltennis

Welkom by die tafeltennis van Hoërskool Randburg. Die organiseerder, afrigter en spelers sien baie uit na die komende seisoen.

Belangrike inligting vir die jaar

  • Die ligadae is nog nie bepaal nie, maar sal deurgegee word sodra dit beskikbaar is.
  • Daar is twee spanne wat aan die liga deelneem - 'n bo-15-span en 'n onder-15-span.
  • Ons is die enigste Afrikaanse skool wat aan die liga deelneem.
  • Die ander skole is Hyde Park, Jeppe Boys, KES, KD Linksfield, KD Victory Park, Yeshiva College, Hirsch Lyons en Radley College.
  • Die tafeltennisseisoen begin in Februarie en eindig in Junie.
  • Die oefentye is as volg:
    • Maandag en Donderdag vanaf 17:30 tot 19:30 in die LO-saal.
  • Die amptelike wedstryddrag is 'n Randjie- kortbroek/-ondersteunersbroek en die ondersteunershemp.  Netjiese, wit kouse en tekkies word gedra.
  • Daar word jaarliks by die prysuitdeling twee toekennings toegeken:
    • die beste junior- en die beste seniorspeler van die jaar.

View the embedded image gallery online at:
https://www.hsrandburg.co.za/sport/tafeltennis#sigFreeId6f68c2bb16