Ruitersport

  Hoërskool Randburg se ruitersportspan neem jaarliks aan die SANESA skoleliga deel.  SANESA staan vir "South African National Equestrian Schools Association", wat op hul beurt weer geaffilieer is by die "South African Equestrian Federation".  Hoërskool Randburg is deel van die Gauteng-Wes streek.

Om in te skryf, moet 'n persoon by 'n eksterne ryskool betrokke wees of 'n ander instansie waar jy 'n perd en ervare instrukteurs tot jou beskikking het.

SANESA skoleliga bied sewe vlakke aan wat vanaf beginners (vlak 0) tot die mees ervare vlak (vlak 6) wissel.  Die vlak van deelname word bepaal deur die ervaring van die ruiter en die perd.  Slegs 'n kombinasie van ervare ruiter en atletiese perd sal byvoorbeeld op die hoër vlakke deelneem. 

Gedurende die eerste helfte van die jaar vind daar in Gauteng-Wes vier kwalifiserende rondtes plaas.  Leerders moet aan ten minste drie tot vier kwalifiserende rondtes in 'n item deelneem om vir die Gauteng-Wesspan gekies te word. Hierna word 'n span gekies om aan die Gauteng Provinsiale kompetisie en die SA-Kampioenskap deel te neem.

20220306_102146.jpg - 26.29 kB   Danika.jpg - 21.48 kB    Mia-vR.jpg - 48.16 kB

Ashley.jpg - 22.58 kB    Heike.jpg - 40.93 kB        Mia-vM.jpg - 29.07 kB 

                         Groep.jpg - 33.03 kB