Hoërskool Randburg het ’n A- en ’n B-atletiekspan.
Ons neem elke jaar, buiten ander skoolbyeenkomste, aan die volgende byeenkomste deel waar ons vele male bo ons opponente uitstyg:
- Noordheuwel Top 15;
- AGN Top 10;
- NWV-Pukke Top 30
- Elardus Erasmus Top 20 - Hoërskool Randburg se Dogterspan wen in 2018 en 2019, 2de in 2022
- TUT Superschools
As skool kompeteer ons teen net die beste atletiekskole in en om Gauteng.
Ons is in Groep 2 van die NWU-Pukke se Super Atletiekreeks.
Jaarliks is daar 30 tot 40 atlete wat kwalifiseer om aan die Gauteng Kampioenskap deel te neem. Hiervan is daar ook jaarliks groot getalle wat Provinsiale kleure verwerf en ons skool op Interprovinsiale vlak verteenwoordig.
Verskeie atlete is medaljewenners op die Nasionale Kampioenskap. Gedurende 2020 neem tien atlete aan die SA Kampioenskap deel en bring 11 medaljes huis toe.
Hoërskool Randburg spog ook met 2 atlete wat Suid-Afrika by die Jeug-wèreldspele in Cali verteenwoordig het.