Magneetskool vir Musiek
Raak 'n universele taal magtig - word deel van 'n unieke musikale-familie!
By Hoërskool Randburg se Magneetskool vir Musiek is daar oneindige moontlikhede:
- Die Magneetskool bestaan uit ses permanente GDO-personeellede wat uitstaande onderrig, teen uiters bekostigbare fooie, in die volgende instrumente aanbied: klavier, viool, blokfluit, fluit, tjello, sang en kitaar (ligte, klasieke en "rock"-kitaar - laasgenoemde behels privaatfooie.)
- Die Hoërskool Randburg Simfonie-orkes het vanjaar afgeskop. Leerders, onderwysers en lede van die gemeenskap kan deel word van hierdie orkes.
- Musiek as vak word as sewende vak gedurende skooltyd of as agtste vak in die middae aangebied.
- Twee lesse per week word aangebied; een individueel (prakties) en een teorie (groepsverband).
- Leerders word vir UNISA, Trinity en ABRSM eksamens ingeskryf. Ons spog met top prestasies en toekennings in die land.
- Konserte, prysuitdelings, kunswedstryde en vele meer is aktiwiteite waaraan ons ons leerders blootstel.
- Fooie per kwartaal (prakties en teorie) beloop: R640.00 (30 minute); R960.00 (45 minute) en R1 285.00 (60 minute).
Of jy nou 'n loopbaan in musiek oorweeg, of net musiek wil geniet en of jy eksamen en by die Eisteddfod wil speel en wil presteer, of selfs sommer lekker wil saam "jam" - ons is die plek vir jou!
Kontak ons gerus by 011 888 3536 of stuur 'n epos aan Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees..
View the embedded image gallery online at:
https://www.hsrandburg.co.za/kultuur/musieksentrum#sigFreeIdc21cc76f66
https://www.hsrandburg.co.za/kultuur/musieksentrum#sigFreeIdc21cc76f66