Mnr & Mej Randburg

Mnr. en Mej. Randburg vind jaarliks in die derde kwartaal plaas.

Sestig finaliste word deur die leerders verkies en moet met geld woeker asook pryse en borge invorder.  Die funksie word in twee aande verdeel, met 'n Junior- en 'n Senior-aand.

‘n Professionele fotograaf kom neem fotos van die deelnemers en elke deelnemer moet iets, volgens hulle kategorie, uit afvalmateriaal maak.

Onafhanklike beoordelaars van ons vermaaklikheidswêreld beoordeel die finaliste tydens die aand.

Daar is vyf kategorieë met 12 deelnemers per kategorie:

  • Groentjies - Graad 8
  • Junior Meisies – Graad 9
  • Sweet 16' - Graad 10
  • Senior Meisies – Graad 11
  • Senior Seuns – Graad 11

Finaliste kan met die volgende titels wegloop:

  • Mej/Mnr Woeker
  • Mej/Mnr Kreatiwiteit
  • Mej/Mnr Persoonlikheid
  • Mej/Mnr Fotogenies
  • Mej Groentjie
  • Mej Sweet 16
  • Mej Randburg Jnr/Snr en die twee Prinsesse
  • Mnr Randburg

  •  • Welvaartbeplanning
  •  • Beleggings
  •  • Trusts
  •  • Testamente
  •  • Versekering
  •  • Boedeladministrasie

 Kontak (011) 781 9111
 www.BarazaWealth.com

'n Gemagtigte finansiële dienste verskaffer (FDV 45445).