Voornemende Studente

Hoërskool Randburg se visie sê:  "Dié skool waar elkeen 'n STER is."

Ons fokus op mense, diens, waardes, geleenthede/keuses en TROTS.  Ons erken ons afhanklikheid van ons Skepper en soek in Sy liefdesgebod die waardes en beginsels wat ons optrede rig en stuur.

Ons kernbesigheid is akademie.

Ons eerste oorweging is die belang van die kind.

Ons onderwysers is hoogs gekwalifiseer en passievol oor hulle werk.  Kinders sê:  "Hulle loop die ekstra myl met ons."

Ons sal nooit "arriveer" nie en is deurlopend besig om innoverend ons produkaanbod te verbeter en te ontwikkel.

Baie aandag word aan sport en kultuur, as 'n integrale deel van volle mensontwikkeling, geskenk.

Daar is iets - 'n plek en 'n geleentheid vir almal.

Ons grootste bate is ons leerders, wat elke dag dié skool se storie skryf.

Neem 'n ingeligte besluit vir jou toekoms - Hoërskool Randburg is die ideale keuse.

Skakel (011) 782 6226 vir meer inligting.