Bergfietsry het gegroei tot 'n erkende skoolsport hier by Hoërskool Randburg. Die skool gee ten volle erkenning aan leerders vir hulle prestasies. As skool neem ons deel aan die Spur Hoërskool Bergfietsreeks, in die "cross country"-formaat, wat uit vier wedrenne gedurende die jaar bestaan. Buiten die Spur-reeks oefen die span op 'n gereelde basis saam. Die baan by St Stithians word weekliks vir oefening besoek. Ons span van bekwaamde ouers en afrigters help die ryers met die fynere kennis van bergfietsry.
Ander uitstappies na nabygeleë bane word ook oor naweke deel van ons aktiwiteite en geniet groot aftrek by die fietsryers.
Fietsry by Hoërskool Randburg bied aan die ryers die geleentheid om hulle sport te beoefen en hulle kennis van bergfietsry te verbreed. Die minimum toerusting waaroor elke deelnemer moet beskik, is 'n bergfiets, 'n valhelm en 'n waterbottel en dan ook hope energie. Aan die einde van die Spur-reeks word daar in elke ouderdomsgroep twee leerders tot die Suid-Gautengspan verkies. Dit word gebaseer op punte wat deur die reeks behaal is. Hierdie leerders neem dan oor 'n naweek in Oktober aan die Interprovinsiale-byeenkoms deel. Die top-10-skole neem ook, per uitnodiging, aan dié byeenkoms deel.
Ons fietsryspan en hul ouers se groot toewyding en entoesiasme het die Randjies in staat gestel om die opwindende sport namens die skool te beoefen. #Randjiestrots!
Kontak gerus vir mnr. Jurgen Brits, by die skool, vir meer inligting.