Uit die Hoof se pen

 

"Hier op die Goudstad se randte, waar ons vaders het gebou, staan 'n skool waar ons werk en ons strewe, om ons erfnis te behou."

 

'n Erfnis van Afrikaans.

'n Erfnis van Suid-Afrikaans.

'n Erfnis van progressiewe innoverende denke.

'n Erfnis van invloedryke burgerskap:  mense wat 'n verskil wil maak en kan maak.

Hier in die Noorde van Johannesburg staan ons STER-skool getooi in koningsblou, 'n "Alma Mater", "ewig trou".

Die hart van Hoërskool Randburg setel in die hart van sy kinders.  Die skool is, wat sy mense elke dag van hom maak.  

Ons storie is een van STERRE wat blink, party helder ander kleiner, maar elkeen só goed hy kan.

Verhoudinge dryf dié spandinamiek.  Ons begin elke dag voor.  Elke dag van heel Bo af - om beter te wees as wat ons gister was.

Hierdie skool is 'n vyf-jaar-lewensreis vir mense wat iewers heen, op pad is.

Dit is 'n voorreg om te kan sê:  "Ek is 'n Trotse Randjie!"

PIETER BOOYSEN